‘n Fees vir die Sinne. ’n Hartsaak vir ’n Hoër Doel.

Onder die oop hemel, waar die Kalahari se rooi duine en Karoo se geure mekaar ontmoet. Dankie dat julle die onvergeetlike aand  van beeldskone kookkuns, musiek en gemeenskap bywoon – en ’n verskil maak. Ons unieke eetervaring by Restaurant Sonder Mure, bied ‘n geleentheid waar jy nie net jou siel voed nie, maar net deur hier te wees gee julle ook hoop aan dié wat saamleef met Sistiese Fibrose.

WAT IS SISTIESE FIBROSE?

Sistiese fibrose (Cystic Fibrosis of CF) is ’n erflike siekte wat die longe en spysverteringstelsel aantas. Mense met CF het ’n fout in hul gene wat ‘n tekort aan sout in hulle liggaam veroorsaak. Gevolglik produseer hulle liggam dik, klewerige slym rondom hulel organe wat probleme veroorsaak. Hierdie slym blokkeer die lugweë en kan tot chroniese longinfeksies, hoesbuie en asemhalingsprobleme lei. Dit beïnvloed ook die pankreas en maak dit moeilik om voedsel en voedingstowwe behoorlik te verteer en op te neem.

Sistiese Fibrose is lewensgevaarlik, maar met die regte behandeling, ondersteuning en mediese sorg kan baie mense met Sistiese Fibrose vandag langer en beter lewens lei. Sistiese fibrose is ’n chroniese siekte waarvoor daar tans geen geneesmiddel is nie.

WIE IS SACFA?

Die South African Cystic Fibrosis Association (SACFA) is ’n nie-winsgewende organisasie wat landswyd werk om mense met sistiese fibrose en hul families te ondersteun. SACFA is die hoofondersteuningsgroep en stem van voorspraak vir behandeling, mediese toegang en bewustheid oor CF in Suid-Afrika.

Wat begin het as ’n groep ouers wat mekaar ondersteun het, het ontwikkel in ’n landswye netwerk van pasiënte, ouers, vriende en mediese vennote. Vandag help SACFA om toegang tot medikasie moontlik te maak, gemeenskappe in te lig, en fondse in te samel vir noodsaaklike projekte soos welkomstpakke, voedingsteun, en mediese toerusting. Ons werk word gedoen deur toegewyde vrywilligers regoor die land – almal met ’n gedeelde doel: om die lewenskwaliteit van mense met CF te verbeter.

Dankie vir u ondersteuning vannaand. U teenwoordigheid vannaand maak reeds ‘n verskil en ‘n gedeelte van u kaartjie is reeds ter ondersteuning van SACFA. Indien u verdere donasie wil maak, kan u dit doen deur die vorm hieronder in te vul.

Wil u verdere bydrae maak?


  • Dankie!

Ondersteun SACFA deur ‘n te-hemp te koop.

SACFA Shirts Order Form

  • DETAILS:

  • How many shirts would you like? **

  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • Price: R200.00 Quantity:
  • R0.00
    Pay this amount to confirm order
  • Payfast Payment Methods


  • Please click this anti-spam checkbox for security purposes
  • By clicking the "Submit your order" button, you are agreeing to the Terms and Conditions associated to the sale of this merchandise.


  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

[apss_share networks=’facebook, twitter’,’pinterest’]